Koper van R20 m. by skrootwerf gekry

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Koper ter waarde van R20 m. is Woensdag by ‘n skrootwerf in Martinrylaan in Queensburgh ontdek.

Kol. Robert Netshiunda sê die polisie het inligting ingewin oor onwettige aktiwiteite by die skrootwerf. ‘n Operasie is deur openbare-orde-polisiëring (OOP) en die Valke geloods en die gesteelde koper is teruggevind.

“Amptenare van die eThekwini-munispaliteit het bevestig ‘n groot gedeelte van die koper wat teruggevind is, behoort aan die munisipaliteit.”

‘n Man (59), die bestuurder van die skrootwerf, is aangehou en sal aangekla word voordat hy in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief