Lees ook: Uitbraak van a-pokke in Afrika kan in 6 maande gestop word sê WGO-hoof
KONGO. – Die eerste aflewering van entstof teen a-pokke sal vandag per vliegtuig in die Kongo aankom. Sowat 100 000 van die eenhede sal na verwagting vandag afgelewer word met meer as 99 000 wat later verwag word.
Daar is tans meer as 18 000 gevalle van a-pokke in die land en 629 mense is reeds aan die virussiekte oorlede. Die uitgestrekte land is tans die episentrum van die virus in Afrika.
Bronne: Jacaranda FM, Gulf Today, Medical Xpress
Lees ook: Uitbraak van a-pokke in Afrika kan in 6 maande gestop word sê WGO-hoof