Verdagtes wat glo vervalste geld vervaardig vasgetrek

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Jude Yaya Oka en Evans Akor Tiku, burgers van Kameroen, het Woensdag vir die beweerde vervaardiging van vervalste SA- en VSA-valuta in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Kapt. Lloyd Ramovha het bevestig dat verskeie eenhede van die polisie, insluitend die Valke en die honde-eenheid, saam met die Suid-Afrikaanse Reserwebank ‘n gesamentlike operasie uitgevoer het nadat inligting oor die kriminele bedrywighede ontvang is.

“Die span het op ‘n perseel langs Ferreirastraat, Foutnants Residetnial Estates, in Silver Lakes, in Pretoria, toegeslaan.”

Twee verdagtes is ondervra, waarna ‘n selfbergingseenheid deursoek is. Tydens die ondersoek het die polisie op swart plastieksakke afgekom wat die verdagtes besig was om in ‘n nabygeleë voertuig te laai.

Vervalste Suid-Afrikaanse en Amerikaanse valuta, asook ‘n drukker wat vir die produksie gebruik is, is op die toneel gekonfiskeer. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van die oortreding van die Valutawet en die Reserwebankwet.

Die saak is vir ‘n borgaansoek tot 10 September uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief