Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek

Lees ook :

Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek
Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Keniaanse ‘reeksmoordenaar’ steeds soek

KENIA. – Die Ugandese Olimpiese atleet, Rebecca Cheptegei, is oorlede dae na haar voormalige kêrel haar met petrol gegooi en aan die brand gesteek het.

Cheptegei, wat in Parys aan die Olimpiese Spele deelgeneem het, is Sondag op pad terug van die kerk af deur haar voormalige kêrel aangeval. Sy het brandwonde oor 80% van haar liggaam opgedoen. Een van haar dogters het die aanval gesien en het om hulp geroep.

Haar voormalige kêrel, wat ook brandwonde oor 30% van sy liggaam opgedoen het, is nou deel van ‘n polisie-ondersoek oor die moord.

Cheptegei en haar kêrel het glo oor ‘n stuk grond baklei. Cheptegei se moord volg twee jaar na die dood van die atleet Damaris Mutua en die moord op die atleet Agnes Tirop in 2021.

Bronne: BBC, EWN, DW – South Africa

Lees ook: Keniaanse ‘reeksmoordenaar’ steeds soek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief