Amerikaanse musikant in hegtenis vir KI-musiekbedrog van meer as R178 m.

Lees ook :

Foto: Canva

VERENIGDE STATE. –  Die Amerikaanse musikant Michael Smith (52) van Noord-Carolina word daarvan beskuldig dat hy kunsmatige intelligensie (KI) gebruik het om duisende liedjies te skep en hierdie snitte biljoene kere met bots te stroom om meer as $10 miljoen (ongeveer R178 miljoen) onregmatig te verdien.

Volgens die klagstaat het Smith sy plan oor ‘n tydperk van sewe jaar deurgevoer deur bykans 10,000 botrekeninge te gebruik om sy AI-gegenereerde liedjies op platforms soos Spotify, Apple Music en YouTube Music te stroom.

Die ondersoek, wat deur die FBI uitgevoer is, het ook onthul dat Smith in 2018 met die uitvoerende hoof van ‘n AI-musiekmaatskappy saamgewerk het om honderde duisende liedjies te skep.

Smith is Woensdag in hegtenis geneem. Die departement van justisie het bevestig dat hy moontlik deur ’n maksimum vonnis van 20 jaar tronkstraf in die gesig gestaar word.

Die opkoms van AI-gegenereerde musiek het wydverspreide kommer onder kunstenaars en musiekregtehouers veroorsaak. Hulle voel dikwels dat hul werk onregverdig uitgebuit word, veral in gevalle soos hierdie waar miljoene verdien word deur tegnologie eerder as talent.

Bronne: BBC, USA Today, Silicon Republic

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief