Polisie en leerders vier Loslitdag, het jy dit ook gevier?

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Die polisie in die Noord-Kaap het vandag Loslitdag gevier saam met leerders met spesiale behoeftes by Boitumelo Special School in Phuthanang, Galeshewe. Die sportdag het plaasgevind met die tema I SEE YOU en het ook deelname van inwoners van die Yonder Centre ingesluit.

Sers. Timothy Sam sê lt.genl. Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris, asook ander senior offisiere en verteenwoordigers van die CRC-kerk, Metropolitan en McDonalds het aan die vieringe deelgeneem.

“Erkenning is gegee aan vordering wat gemaak is deur persone wat met gestremdhede leef.”

Sam sê rolspelers het die kinders aangemoedig om soos Dawid in die Bybel dapper te wees.

“Spanne van Boitumelo en Yonder het tydens die sportdag meegeding en het medaljes vir deelname, wat deur Metropolitan geborg is, ontvang.”

Die provinsiale polisie-orkes het vermaak gebring en daar is seker gemaak elke kind het ‘n skooltrui. McDonalds het aan elke kind teenwoordig ‘n Happy Meal geborg. Otola het almal bedank wat die skenkings moontlik gemaak het.

“Die dag is om aan die natuurlike waarde, waardigheid en uniekheid van almal erkenning te gee. Ons moet die uitdagings, die potensiaal en die mense sien vir wie en wat hulle is. Bewusmaking is om persone met gestremdhede te ondersteun en gemeenskappe, besighede en mense bymekaar te bring om toeganklikheid en inklusiwiteit te bevorder.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief