Pa in arres nadat kleuterseun (2) sterf, vermoedelik weens vergiftiging

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ‘n Pa (30) het na bewering op Saterdagoggend 31 Augustus saam met twee van sy seuns vergiftigde kos geeët, waarna die kleuterseun (2) gesterf het.

Kol. Amanda Funani sê die pa is Vrydagaand na sy meisie, die ma van sy kinders, se huis in Kanana, in Klerksdorp. Die paar was glo as gevolg van ‘n argument nie meer saam nie. Hy het glo geëis die seuns – agt, vier en twee jaar – moet aan hom gegee word. Die ma het uiteindelik die Saterdagoggend toegegee, op voorwaarde dat haar broer die kinders vergesel.

“Met aankoms by sy plek het die kêrel egter die kinders se oom opdrag gegee om terug te gaan huis toe. Die oom is saam met die vierjarige weg en het die twee seuns van twee en agt jaar agtergelaat.”

Funani sê die kêrel het glo die ma gebel en haar meegedeel hy gaan iets doen. Die ma het toe die ouma gebel en gehoor hulle is onderweg hospitaal toe nadat die pa glo homself en die kinders vergiftig het.

“Die tweejarige was in ‘n slegte toestand. Later is ontdek die agtjarige is nie geraak nie, aangesien hy nie gesluk het wat die pa vir hom gegee het nie.”

Die kleuter het in die hospitaal gesterf. Nadat die pa uit die hospitaal ontslaan is, is hy Donderdag gearresteer.

Die pa sal na verwagting Maandag in die Stilfontein-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief