KYK: Baba Alaska veg moedig, ouers waardeer gebedsondersteuning

Lees ook :

Foto: Anrika en Alvin Bruinders

“Sy is moedig en sterk!!! Elke gebed maak iets wakker!! Sy probeer vir ons wys Sy is hier en Sy fight saam!!!”

Anrika en Alvin Bruinders sê in ‘n sosialemediaplasing baba Alaska, hulle surrogaatbaba, was sedert haar geboorte verlede Saterdag, nog nooit so “besig en by” nie, “Dag 7 is a miracle.” In ‘n video wat hier bo gesien kan word, sing mamma Anrika spesiaal vir haar baba.

Gebede stroom in vir Alaska wat op 31 weke, te vroeg, gebore is. Drie dae gelede is ‘n plasing gemaak die ouers moet op die ergste voorberei, maar Alaska veg en verras.

“My hart loop oor van dankbaarheid! Gister het Dr. gesê ons sal moet berading kry en voorberei vir ergste. Vandag is hy geskok oor sy soveel verbeter het in 12 ure!! Ons bid haar vol lewe!!! Dankie Dankie Dankie!!!!!”

Alaska is steeds in ‘n kritieke toestand en haar ouers kon haar nog nie teen hulle vashou nie. Gebede en ondersteuning stroom steeds in vir die klein vegtertjie.

Haar ouers verduidelik hoe dit met baba Alaska gaan:

Liewe vriende

Baie Baie Dankie vir julle gebede elke dag! Ek glo dit is wat ons so ver gebring het.

Eerstens

Alaska is nie net prem nie. Daar is baie komplikasies.

Sy het van geboorte af nog geen beweging gehad nie. Wat volgens Dr. glad nie normaal is nie. Sy is nie onder sedasie nie. Maar is glad nie wakker nie.

Ons wag vir toetse van Amerika af.

Om beter te verstaan wat aangaan.

Ons probeer almal se boodskappe antwoord. Maar daar is net te veel.

Ons probeer ook so normaal as moontlik lewe vir Avrick.

Ons glo God het ‘n plan, al weet ons nog self nie. Ons is baie onseker.

En is ook maar net menslik. Ons huil baie, lag soms en vra baie hoekom?

Al wat ons kan vra is bly bid.

Vir ons hele gesin.

Foto: Anrika en Alvin Bruinders

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief