Sewe gesinslede, waaronder drie kinders, in KZN doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – Drie kinders, onderskeidelik vyf, 11 en 12 jaar oud, is Woensdagaand saam met vier volwasse familielede in Highflats, Hlokozi, doodgeskiet. Die polisie is tans op soek na die verdagtes agter die moorde.

Kol. Robert Netshiunda het bevestig dat die polisie op die toneel afgekom het waar die sewe liggame in ‘n plas bloed in die sitkamer gevind is. Bure het die skote gehoor en ondersoek gaan instel.

“Die motief van die moorde moet nog vasgestel word, alhoewel daar ‘n vermoede ​​is van ‘n familievete en besigheidsverwante spanning.”

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief