Twee verdrinkingsvoorvalle in dieselfde area

Lees ook :

Foto's: Community Medics

WES-KAAP. – Twee verdrinkingsinsidente het onderskeidelik Saterdag en Sondag op Blouberg voorgekom.

Community Medics sê vrywilligers is Saterdagmiddag laat vir ‘n verdrinking na die strandfront uitgeroep.

“Twe persone is deur omstanders gered en albei is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand na ‘n hospitaal vervoer.”

‘n Kind is behandel na ‘n tweede insident wat Sondag oorkant Pakalolo plaasgevind het.

“Die kind is gestabiliseer en in ‘n ernstige, maar stabiele toestand na ‘n hospitaal vervoer.”

Die diens sê dit is noodsaaklik vir kinders en tieners om tydens strandbesoeke noukeurig onder toesig gehou te word.

In geval van mediese nood kan 087 230 0404 gebel word. Community Medics het Taurus Medical, Life EMS, Netcare 911, ER24, Metro EMS, Fire & Rescue en Table View Buurtwag vir hulp op beide tonele bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief