Werknemer in besigheid doodgemaak, verdagtes vasgetrek

Lees ook :

Foto: Rhino Security

NOORD-KAAP. – Die werknemer (31) van ‘n winkel in Sederlaan op Kathu is Dinsdag omstreeks 12:45 tydens ‘n beweerde rooftog doodgemaak. Hy het beserings aan sy kop en lyf opgedoen.

Lt.kol. Sergio Kock sê die Kathu-polisie het ongeveer ‘n uur nadat die misdaad gepleeg is ‘n verdagte (24) op aanklagte van moord en sakeroof by die stortingsterrein gearresteer. Die oorledene was glo alleen toe die misdaad gepleeg is. Misdaadvoorkomingslede het inligting opgevolg, waarna ‘n verdagte (41) net voor 21:00 by ‘n huis in Siyathemba gearresteer is.

Terwyl die ondersoek voortduur, sal beide die verdagtes binnekort in die hof verskyn.

Lt.genl. Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris, het die vinnige optrede van die polisie met behulp van die gemeenskap en ander rolspelers geprys.

Nuusflits is in besit van ‘n video van die voorval. Die redaksionele bestuur het die besluit geneem om dit nie as gevolg van geweld in die video, te publiseer nie. Daarin kan gesien word hoe een van die verdagtes die oorledene, wat alleen is, oorval en herhaaldelik met ‘n hamer slaan. Volgens ‘n bron het een van die verdagtes ‘n bloedbesmeerde baadjie van die oorledene in sy huis versteek.

Rhino Security, wat by die sukses betrokke was, het die volgende plasing gemaak:

Robbery and Murder at Rainbow Tuckshop – Rhino Security Responds Swiftly

Seder Ave, 8 October 2024 – Just after 9:00 AM today, a tragic robbery and murder took place at Rainbow Tuckshop on Seder Ave. Rhino Security was quick to respond, dispatching members to the scene. At 14:14, the first suspect was apprehended near the pipeline.

Further intelligence was gathered regarding the whereabouts of a second suspect. Following up on this information, a Rhino Security reaction officer spotted the suspect’s vehicle. With Rhino Security, Kathu Community Police Forum and SAPS working together, the murder suspect was arrested shortly thereafter.

Rhino Security extends its deepest condolences to the family of the deceased during this difficult time. We remain committed to maintaining control over crime and ensuring the safety of our clients and community. We will continue to work tirelessly to ensure that crime does not prevail.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief