Lees ook: Vier verdagtes in hof na Motherwell-skietery
Die saak teen die vier verdagtes in die Motherwell-skietery is uitgestel tot 21 Oktober na hulle bevestig het hulle gaan nie om borg aansoek doen nie.
Andisiwe Zondani, Siphamandla Matsha, Siphokazi Mabutho en Ayanda Yekela word daarvan beskuldig dat hulle Vrydagaand twee mense doodgeskiet het en twee gewond het na hulle glo by die slagoffers se huis ingestorm het.
Die slagoffers is geskiet terwyl hulle besig was om televisie te kyk.
Bronne: Algoa FM, IOL, Bulletin





