Man skiet glo vrou, werknemers en neem sy eie lewe

Lees ook :

Foto's: AO Johan van Dyk

GAUTENG. – Die polisie van Pretoria-Moot ondersoek drie sake van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek nadat ‘n man (47) glo eers sy vrou (45) tuis en daarna twee werknemers by ‘n sake-onderneming doodgeskiet het. Hy het daarna glo sy eie lewe geneem.

AO Johan van Dyk sê die polisie is omstreeks 11:30 na twee skietinsidente ontbied. Op die eerste toneel by ‘n huis in ‘n kompleks in Rietfontein is ‘n vrou met skietwonde aan haar kop dood verklaar. Op die tweede toneel, by ‘n supermark en winkel vir wegneemetes in Gezina, het die polisie drie liggame wat noodlottige skietwonde opgedoen het, aangetref.

“Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring die eienaar van die winkel het ‘n argument met sy werknemers gehad nadat hulle die winkel vroeër die oggend oopgemaak. Hy is daarna na sy huis toe.”

Van Dyk sê by die huis in Rietfontein het die man na bewering sy vrou noodlottig met sy vuurwapen gewond. Hy is daarna na die supermark waar hy twee werknemers, ‘n man (39) en ‘n vrou, doodgeskiet het. Hy het daarna homself om die lewe gebring.

“’n 9 mm-pistool wat by die supermark gevind is, is deel van die voortgesette ondersoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief