VRYSTAAT. – Die oorskot van ’n pasgeborene is Maandagoggend in Freedom Square, Kopanong, ontdek deur ’n man wat besig was om die huis waarin hy woon, skoon te maak.
Kapt. Loraine Earle het aan Nuusflits bevestig dat die polisie net voor 10:00 na die toneel ontbied is.
’n Pataloog het op die toneel bevestig dat die oorskot van menslike oorsprong is. Die polisie ondersoek tans ’n saak van verberging van geboorte en is op soek na ’n 44-jarige vrou wat saam met die man gewoon het. Volgens die man het die vrou twee weke gelede werk toe gegaan, maar het sy sedertdien nie weer teruggekeer nie.
Die polisie ondersoek die saak.





