AA bekommerd oor blouligbrigades in Gauteng

Lees ook :

AA spreek kommer uit oor blouligbrigades
AA spreek kommer uit oor blouligbrigades fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel beweer weermag het 3 Hezbollah-leiers en 70 soldate in 48 uur doodgemaak

GAUTENG. – Die Automobiel-Assosiasie (AA) het kommer uitgespreek oor die toename in blouligbrigades in Gauteng.

Blouligbrigades word gebruik om politici te vervoer. Volgens die AA het hulle verskeie klagtes van lede oor bestuurders van sulke voertuie ontvang wat ander motoriste met vuurwapens dreig en hulle van die pad af dwing.

Die AA het ook gesê die brigades word al meer gesien waar hulle deur die verkeer bars, veral soggens en smiddae wanneer die verkeer swaar is. Volgens die AA verdien Suid-Afrikaanse motoriste ‘n veiliger omgewing op die pad sonder sulke aggressiewe  gedrag.

Die AA het gevra politici wat van die brigades gebruik maak, moet hoë professionele en etiese standaarde hê vir hulle veiligheidspersoneel se gedrag.

Bronne: IOL, Algoa FM, The Citizen

Lees ook: Israel beweer weermag het 3 Hezbollah-leiers en 70 soldate in 48 uur doodgemaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief