WES-KAAP. – Gordonsbaai-polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat ‘n polisievangwa Woensdag omstreeks 03:00 in Lancasterstraat in ‘n kanaal beland het.
AO Joseph Swartbooi sê aan Nuusflits die bestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor.
Twee insittendes van die polisievoertuig het geringe beserings opgedoen en is vir mediese hulp na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer.





