Malema en medebeskuldigde se saak van wapenverwante aanklagte uitgestel

Lees ook :

Julius Malema getuig in vuurwapensaak
Julius Malema getuig in vuurwapensaak fotokrediet: X

OOS-LONDEN. – Die saak teen Julius Malema, die EFF-leier en Adriaan Snyman, die direkteur van ‘n veiligheidsmaatskapy, is weens siekte van die voorsittende landdros deur die Oos-Londen-streekhof tot 9 Desember uitgestel.

Die duo staan tereg op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ‘n vuurwapen in beboude gebied en die versuim om redelike voorsorg te tref teenoor ‘n persoon of eiendom en roekelose bedreiging van ‘n persoon of eiendom.

Luxolo Tyali sê landdros Twanet Olivier het ondanks haar gesondheid, in die afwesigheid van die beskuldigdes en die verdediging, die saak uitgestel.

“Die saak moes in die hof verskyn vir die staat en verdediging om slotbetoë voor te lê nadat die verdediging sy saak gesluit het.”

Tyali sê Malema het na bewering gedurende 2018 ‘n vuurwapen wat aan Snyman se maatskappy behoort by ‘n EFF-saamtrek in Mdantsane afgevuur. Die staat het nadat 19 getuies aangehoor is, sy saak in 2023 gesluit. Malema en Snyman het volgens Artikel 174 van die Strafproseswet ‘n aansoek om ontslag gebring, maar die hof het dit van die hand gewys.

“Die verdediging het vanaf Dinsdag 18 Junie 2024 die getuienis van twee deskundige getuies, in vuurwapenbeheer en forensiese ballistiek, vir Snyman gelei. Malema het vir sy eie verdediging getuig. Adv. Joel Cesar het al die getuies vir die staat kruisondervra, waarna die aangeleentheid uitgestel is vir alle partye om skriftelike hoofde van argumente voor die volgende hofverskyning in te dien.”



Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief