Omstanders straf self verdagte vir minderjariges se ‘molestering’

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (57) is Saterdag vir die molestering van minderjarige kinders beskuldig, waarna hy deur die gemeenskap van Piet River beetgekry is.

Reaction Unit South Africa sê dié diens is omstreeks 19:15 na die toneel ontbied. Met aankoms het ongeveer 60 mans, vroue en kinders om ‘n man gestaan en hom aangerand. Na bewering is gesien hoe hy sy huurder se tweejarige dogter Saterdagmiddag molesteer.

Rusa sê die kind se ma het glo die molestering gesien en die gemeenskap gemobiliseer. Die man is aangekeer en met ‘n tou vasgemaak. Nog ‘n buurvrou het gesê sy het haar driejarige ondervra en die kind is ook glo gemolesteer.

Die verdagte het die beweringe ontken. Hy is vir verdere ondersoek aan Verulam-polisie oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief