Kleinseun wat ouma verkrag 20 jaar tronk toe gestuur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Anda Nogwanya (24) is vir die verkragting van sy ouma (76) aan moederskant op 6 Desember 2022 tot 20 jaar gevangenisstraf deur die hooggeregshof in Oos-Londen gevonnis. Die ouma is intussen oorlede.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê Nogwanya het sy ouma, wat geestelik onbekwaam en fisies verswak van Alzheimer se siekte en demensie was, in die Emigeni- informele nedersetting verkrag. Sy het by haar dogter, wat die veroordeelde verkragter se ma is, en nog ‘n kleinseun, gebly.

“Op die betrokke dag van die voorval is die klaagster deur haar dogter alleen in die shack gelos. Nogwanya het vroegmiddag opgedaag en sy ouma verkrag. Die aanranding op die ouma is onderbreek toe Nogwanya se jonger broer ingekom en hul ouma hoor huil het. Hy het ‘n volwassene se hulp ontbied en saam na die shack teruggekeer. Nogwanya, steeds naak, het valslik beweer hy was op die punt om te bad. Hy het hulle weggestoot en weggehardloop.”

Tyali sê die insident is daarna aan die polisie rapporteer en die klaagster is aan ‘n mediese, sowel as ‘n kliniese sielkundige se ondersoek onderwerp. Sy is as geestelik en fisies gestrem bestempel, wat haar uiters kwesbaar gemaak het.

Nogwanya het in sy pleitverduideliking erken dat hy saam met vriende dagga gerook het voordat hy onder die invloed huis toe gekeer en sy ouma verkrag het.

“Hy het sy berou uitgespreek en bygevoeg dat hy erg deur gemeenskapslede wat saamgetrek het nadat sy jonger broer alarm gemaak het, aangerand is.”

Adv. Andili Nohiya het gedurende vonnisoplegging beklemtoon die beskuldigde het sy ouma se waardigheid en welstand geminag en die vonnis moet die erns van die misdryf weerspieël.

“Die hof het met ‘n komplekse situasie gesit, met die beskuldigde se ma en ander familielede wat tussen lojaliteit en geregtigheid verskeur is. Hulle het die ma van die oortreder vir haar seun se inhegtenisneming blameer en die klaagster se heengaan in Mei 2023 aangevoer as rede waarom die saak laat vaar moet word. Die verdediging het ook ‘n onttrekking versoek en die jonger broer het hom beskryf as ‘n verantwoordelike en finansieel ondersteunende broer. Nohia het dit teengestaan en gesê die klaagster se mediese toestand sou haar verhinder het om te getuig, al het sy gelewe. Die staat het daarop aangedring dat die reg sy gang moet gaan, ongeag die gesinsdinamika of die klaer se heengaan. Daar is deur die hof saamgestem dat die beskuldigde se optrede aanspreeklikheid vereis en ‘n gepaste vonnis nodig is om geregtigheid te handhaaf en kwesbare individue te beskerm.”

Die NVG het die vonnis verwelkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief