Video in berig.
GAUTENG. – Die bestuur van Gauteng-polisie is teleurgesteld oor beeldmateriaal van ‘n polisievrou in uniform van die Tsakanse-polisiestasie wat ‘n lid van die publiek klap.
@SAPoliceService Is this how your officials are supposed to deal with people? This police officer at Tsakane police station assaulted civilians who came to report and open a case…@womenforchange5 @PresidencyZA pic.twitter.com/CQIBk9Kuz3
— CeeDee (@Dipsy_Good) November 2, 2024
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die gedrag is ongevraagd en herinner dat die polisie se gedragskode bepaal kliënte moet te alle tye met respek en integriteit behandel word.
“Beide die sersant en die lid van die publiek het sake van aanranding en crimen injuria teen mekaar geopen.”
Nevhuhulwi bevestig ‘n interne dissiplinêre saak word ook teen die sersant oopgemaak.





