KWAZULU-NATAL. – Tonic, ‘n tweejarige hond, het aan sy beserings gesterf nadat hy glo vyf keer deur ‘n man (30) “verkrag” is.
Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep vir hulp is Sondagaand van vyf vroue in ‘n huis in Waterloo ontvang. Hulle is na bewering deur ‘n man, bekend aan hulle, geteister.
“Die inbeller het reaksiebeamptes ingelig haar ouma (79) word ook deur die familievriend wat daar naby woon, geteister.”
Die huiseienaar het vertel die man het probeer om die glasdeur met ‘n gevriesde bottel gaskoeldrank te breek.
“Die inbeller het verder verduidelik die verhouding tussen die gesin en die man het versuur toe hulle hom een oggend gekry het waar hy besig was om hulle hond om 04:30 te “verkrag”. Die familie het hom berispe, maar die “verkragting” het voortgeduur. Ouer garde in die familie het ingegryp en die man aangerand toe Tonic aan sy beserings beswyk het. Die man is toe verbied om die eiendom te betree.”
Rusa sê volgens die familie is die man nie krimineel vir bestialiteit aangekla nie.





