Verdagtes in Lifman-skietery Dinsdag in hof

Lees ook :

Foto: LinkedIn

WES-KAAP. – Twee verdagtes, onderskeidelik 37 en 53 jaar, is Sondagmiddag naby Uniondale aangekeer. Mike Lifman (57) is vroeër in ‘n parkeerarea by Garden Route Mall doodgeskiet. Die verdagtes is ondervra en aangekla.

Kol. André Traut sê aan Nuusflits die voertuig waarin die twee verdagtes op reis was, is ook gekonfiskeer.

“Nadat die verdagtes van die misdaadtoneel gevlug het, is die polisie, wetstoepassers, veiligheidsmaatskappye en misdaadwaggroepe geaktiveer om in die streek vir die verdagtes op die uitkyk te wees.”

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die George-landdroshof verskyn.

Nuusflits het berig Lifman was ‘n sakeman van die Wes-Kaap en glo ‘n bekende in die misdaadwêreld, wat Sondag doodgeskiet is.

Kol. André Traut het aan Nuusflits gesê die polisie is omstreeks 11:30 na ‘n skietinsident buite Garden Route Mall in George. Die aanvallers het van die toneel gevlug. Lifman het op verskeie aanklagte, wat moord, poging tot moord, geldwassery en bendeverwante misdaad insluit, tereggestaan. Die oorledene sou Maandag in die hof verskyn het.

Lees meer oor Lifman se hofsaak hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief