RUBRIEK: Wat het ‘n Christen en ‘n salm in gemeen?

Lees ook :

Die een hou van sushi, en die ander een IS sushi! Nee, ek grap sommer net.

Oom Angus Buchan het eendag gesê dat enige vis, selfs ‘n dooie ene, met die stroom af kan gaan. Maar dit vat ‘n sterk, lewendige vis om stroomop te kan swem!

LEES MEER: Hoe baie verskil jy en jou maat?

Gepraat van die salm – dis nou ‘n vis wat teen ‘n rivierstroom op kan swem. Dis ‘n merkwaardige skepsel, want hulle word gebore in ‘n vlak varswaterstroompie en swem dan na die oseaan en word soutwatervisse. As dit tyd word om eiers te lê, dan pak hulle ‘n ongelooflike moeilike reis aan om weer stroomop terug te swem presies na dieselfde plek waar hulle gebore is. Daar gebeur sulke ongelooflike dinge gedurende hul lewens, soos byvoorbeeld om oor te skakel vanaf vars- na soutwater, sowel as om instinktief te weet hoe om die pad na hul geboorteplek weer terug te vind. Meestal sterf die visse nadat hulle eiers suksesvol gelê is en die ontbinde liggame word voeding vir die res van die rivier.  

Ek kyk na die lewe van ‘n salm en kan nie help om vergelykings te tref met dié van ‘n Christen nie. Nes die vis, begin en eindig ons lewens ook op dieselfde plek – van stof na stof. Maar as jy bietjie verder as die stof kyk, kom ons vanuit die hemel via God se asem, en ons gaan terug na Hom as ons sterwe. En so ongelooflik moeilik die reis terug na sy geboorteplek is, net so uitdagend is die lewe van ‘n gelowige. Daar is nie een enkele dag dat jy nie vanaf een of ander rigting aangeval word nie. Hetsy dit die vyand, die sonde of jou eie vlees is, die aanvalle is ononderbroke.

Ons sukkel met versoekings, verslawings, emosies en teleurstellings. Ons sondig, val, en staan weer op. Ons raak moedeloos, maar gee nooit op nie. As jy ingee, gaan jy nes die salm agteruit. Ons baklei daagliks om die wedloop te voleindig, en as jy die dag tot sterwe kom, dan is die vrug wat jy jou lewe lank gedra het tot voeding vir jou medemens en die nageslagte.

So ek weet jy is moeg, en jy’s dalk dikwels teleurgesteld in jouself. Ek ook, en so ook die res. Maar ek bemoedig jou vandag om aan te hou swem, om te bly veg, al slaan die strome jou van tien verskillende rigtings. Jy’s nie alleen nie, ons almal gaan daardeur, en ons almal is deur dieselfde Gees deurdronge om ons krag te gee om die goeie werk wat Hy in jou begin het, te voleindig tot op die dag van Jesus Christus.

En onthou, ‘n rowwe see maak sterk matrose!

2 Tim 4:7 Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behou. 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief