Kleuter sterf toe hond hom verskeur

Lees ook :

Foto: Algoa FM News

WES-KAAP. ‘n Kleuter is Dinsdag dood met hondbytwonde in Begoniastraat in Groenvallei, Sedgefield, aangetref.

Anelisiwe Manyana, polisiewoordvoerder, het die insident aan Nuusflits bevestig en gesê die polisie het op ‘n klagte van ‘n vermiste kind wat die bosse ingehardloop het terwyl ‘n hond hom jaag, reageer.

“’n Soektog in die omgewing het die lyk van ’n seun met bytmerke opgelewer.”

Die seun is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Kynsna-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Mossel Bay Advertiser en Knysna-Plett Herald het die seun as Simikuso Ntswayibana (4) geïdentifiseer. Volgens Algoa FM News het die seun gespeel toe die hond hom aanval en hy die bosse ingevlug het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief