Leon Schuster (73) het weereens gerugte wat op sosiale media versprei word van hom wat dood is, in die kiem gesmoor.
Schuster, wat tong in die kies sê hy is springlewendig, sê diegene wat die nuus versprei, ly aan LDS – Leon Derangement Syndrome.
“Ek lees ek is alweer dood. Mense ek is springlewendig – nie so baie ‘spring’ nie maar ek haal nog asem. Watter stuk aap snot plaas sulke skandelike gemors?? Dis van die satan af!! Fake News! Die sotte ly aan LDS – Leon derangement syndrome.”






