OOS-KAAP. – Ses persone het Sondagaand omstreeks 21:10 op die R61-pad naby Tarkastad gesterf toe ‘n taxi ‘n rondloperbees getref en gerol het.
Die padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) sê naas die ses persone wat gesterf het, het nog 10 persone beserings opgedoen.
“Ons betuig ons innige meegevoel aan die families en geliefdes van diegene wat oorlede is en ons wens ‘n spoedige herstel aan die beseerdes toe.”





