Man vir knopkieriemoorde op pa, ma en suster in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Wikipedia en Canva

NOORDWES. – Olebogeng Kale (33) het vandag op aanklagte van die moord op gesinslede in die Kgomotso- periodieke hof verskyn. Hy bly in aanhouding tot die saak weer op 25 November voorkom.

Kol. Adéle Myburgh sê die gesin het Vrydagaand na bewering om ‘n koffietafel gesit toe die verdagte glo ingekom en Mosimanegape Kale (74), sy pa, met ‘n knopkierie oor die kop geslaan het. Gesinslede het vir hulp deur ‘n venster na bure gevlug. Kale het daarna vir Phodisho Kale (68), sy ma, en Bonolo Kale (27), sy suster, met dieselfde knopkierie oor die kop geslaan en van die toneel gevlug. Nooddienste het al drie op die toneel dood verklaar.

Kale is Saterdagoggend omstreeks 06:00 met die hulp van die gemeenskap in die Shaleng-woonbuurt opgespoor en gearresteer. Hy is vir die driedubbele moord aangekla en het vandag (Maandag) in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief