16-jarige wat baba in hospitaal los, gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Ma (16) wat haar babaseun op 30 Oktober in ‘n leë saal by ‘n hospitaal in Mangaung (Bloemfontein) gelos het, word deur die polisie gesoek.

Sers. Mahlomola Kareli sê op die betrokke Dinsdag het ‘n maatskaplike werker net na 14:00 deur die neonatale saal gestap en die babaseun in ‘n verlate saal aangetref. Daar is ontdek dit is die baba van ‘n ma wat vroeër die dag ná kraam ontslaan is. Die polisie het ‘n saak van kinderverwaarlosing geopen.

Sers. Nthabiseng Ranthako van GKS het tevergeefs probeer om die adres van die ouers van die meisie te bevestig. Enigiemand met relevante inligting tot die saak kan hom by 076 456 7717 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief