KYK: Kortste en langste vrou in die wêreld ontmoet mekaar

Lees ook :

Foto's: Guinness World Records

Jyoti Amge (30), wat 62.8 cm kort is, en Rumeysa Gelgi (27), wat 215.16 cm lank is, is amptelik onderskeidelik die kortste en langste vroue in die wêreld.

Die twee het as deel van die 20ste Guinness World Records Day vir middagtee in The Savoy-hotel, in Londen, ontmoet.

Met ‘n verskil van 152.36 cm in lengte en ‘n probleem om oogkontak te maak, het dit behoorlik gelyk asof Gelgi ‘n pop vir ‘n foto vashou. Beide is egter in eie reg eg vroulik en hou van mode, grimering en naelversorging. Hulle is “ikone’ vir die 70ste herdenkingsuitgawe van die Guinness World Records.

Amge is in Nagpoor, Indië, gebore en is met ‘n beengroeisteurnis wat die arms en bene aantas, gediagnoseer. Sy is ook ‘n American Horror Story Actress.

Gelgi is oorspronklik van Turkye en is met Weaver-sindroom – ‘n uiters seldsame genetiese toestand wat beenoorgroei veroorsaak na ‘n mutasie van die EZH2-geen – gebore. Sy is ‘n webontwerper en gebruik haar platforms aktief om bewustheid oor haar toestand te kweek. Sy het ook vir ‘n vrou die grootste hande, rug en ore in die wêreld.

Beide het na die kuier saam ‘n sertifikaat van Guinness World Records ontvang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief