NOORDWES. – Altesaam 37 onwettige myners het Woensdag en Donderdag ( vandag) uit die Margaret- en Nr. 10-skag in Stilfontein te voorskyn gekom.
Brig. Sabata Mokgwabone sê Woensdag se 20 onwettige myners wat na bogronds teruggekeer het, sluit 10 Lesotho-burgers, ses Zimbabwiërs en vier Mosambiekers in. Van die 17 onwettige myners wat vandag na bogronds teruggekeer het, het 14 by Margaret-skag en drie by die Nr.10-skag uitgekom. Vandag se groep sluit Lesotho-burgers, Zimbabwiërs en Mosambiekers in.
Mokwabone het gesê almal is geprosesseer.
Intussen sal die polisie-ministerie Vrydag met die families van die onwettige myners ontmoet.
Terwyl daar reeds ‘n groot hoeveelheid van die myners na bogronds gekeer het, is dit onbekend hoeveel steeds ondergrond is.






