Nege dokters uit skool se 2019-matrikulante

Lees ook :

Foto: C&N Sekondêre Skool Oranje

VRYSTAAT. – Die Christelike en Nasionale Sekondêre Meisieskool Oranje se klas van 2019 het altesaam nege mediese dokters opgelewer. Almal het Vrydag aan die Universiteit van die Vrystaat, gekwalifiseer.

Die skool het die uitsonderlike prestasie van Bianca van der Vyver, Carolyn van der Merwe, Carmen Fichardt, Louise-Maré Botes, Monique Davidson, Tiané Theunissen, Deanri Snyman, Mandie de Wet, Gabriela von Eschwege en Mia Moolman op sosiale media gedeel.

Boonop het Louise-Maré Botes, ‘n voormalige OMS-leerling tot in 2013, wat daarna tuis onderrig is, ook as dokter gekwalifiseer.

Volgens die plasing is Monique Davidson as die beste mediese student aangewys.

Marizanne Strydom, ook van die klas van 2019, wat in 2022 oorlede is, het veeartsenykunde studeer en sou ook Vrydag gekwalifiseer het.

Op die foto is van links, voor: Bianca van der Vyver, Carolyn van der Merwe, Carmen Fichardt, Louise-Maré Botes. Agter: Monique Davidson, Tiané Theunissen, Deanri Snyman, Mandie de Wet, Gabriela von Eschwege, Mia Moolman.

Bron: Die Christelike & Nasionale Sekondêre Meisieskool Oranje

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief