Lees ook: KYK: Vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms uitgereik
’n Kleuter is in Eldorado Park oorlede na ’n struktuur tydens ’n erge storm op hom geval het.
Erge donderstorms gister in Gauteng en Mpumalanga het duisende mense sonder heenkome gelaat. Huise, voertuie en ’n winkelsentrum is beskadig.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het sover geen waarskuwings vir vandag uitgereik nie. Onbevestigde video’s van ’n moontlike tornado in Gauteng is gedeel.
Bronne: eNCA, Saws
Lees ook: KYK: Vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms uitgereik





