Mexikaan met dwelmlaboratorium betrap

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ‘n Mexikaanse burger (39) is Woensdag met ‘n dwelmlaboratorium met ‘n geskatte waarde van R100 m. in Rietfontein (nie die woonbuurt in die Moot van Pretoria nie) betrap.

Lt.kol. Amanda van Wyk sê ‘n intelligensie-gedrewe operasie het die polisie na die laboratorium gelei. Observasie is gehou, waarna verskeie nasionale, provinsiale narkotiese eenhede, asook Diepsloot en Wesrand se taktiese reaksie-eenhede saam met die Wesrand se K9-eenheid ‘n deursoeking-en-beslagleggingslasbrief bekom het. Met uitvoering van die lasbrief is kontant gekonfiskeer wat geglo word wins is van die verkoop van verskeie chemikalieë, dwelmvervaardigingstoerusting en metamfetamien (tik).

Die verdagte Mexikaan wat gearresteer is, sal op aanklagte van handel en vervaardiging van dwelmmiddels, sowel as oortreding van die immigrasiewet in Atteridgeville-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief