Valke konfiskeer goud ter waarde van miljoene

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – Twee “edelmetaalhandelaars” wat glo Dinsdag probeer het om ses stawe onbewerkte goud te verkoop, is deur die Valke in hegtenis geneem en daar is op die goud beslag gelê.

Kapt. Lloyd Ramovha van die Valke sê Joacham Chivayo (33), ‘n Zimbabwiese burger, en Ayanda Brian Gungwa (20) is omstreeks 13:15 by Helderwyk-landgoed vir die beweerde onwettige besit van goud gearresteer. Hulle is ook van oortreding van die wet op edelmetale aangekla. Die stawe goud is ongeveer R15 m. werd.

Brakpan-polisie ondersoek die saak. Die verdagtes het Woensdag vir die eerste keer in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Die ondersoek na die oorsprong van die goud duur voort, ook om moontlik nog addisionele verdagtes in die onwettige handel van goud te identifiseer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief