Voormalige beampte van binnelandse sake skuldig aan korrupsie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Phanuel Mokomo, ‘n voormalige beoordelaar by die permit-afdeling van binnelandse sake, is Woensdag in die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof aan korrupsie skuldig bevind.

Kol. Katlego Mogale van die Valke sê Mokomo is skuldig bevind en gevonnis vir die onreëlmatige uitreiking en goedkeuring van permitte. Tydens die departement se interne ondersoek het Mokomo probeer om dit te stop deur R10 000 aan die ondersoeker te bied. Die saak is op 20 September 2018 aan die Valke gerapporteer, waarna ‘n lokval-operasie gemagtig en uitgevoer is. Tydens die operasie is Mokomo op heter daad betrap toe hy die R10 000 oorhandig. Hy is gearresteer en vir korrupsie aangekla.

Die saak is vir vonnisoplegging tot 18 Februarie 2025 uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief