Ma en seun rol in voertuig teen wal af

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – ‘n Ma en haar jong seun het Donderdagmiddag in hulle voertuig op die R612 tussen Umzinto en Park Rynie teen ‘n steil wal afgerol.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê dié diens is na die toneel waar die voertuig verskeie kere gerol het. Alhoewel die voertuig erg beskadig is, het die ma matige en die seun geringe beserings opgedoen.

Die ma is gestabiliseer, waarna sy deur nooddienspersoneel teen die wal af na ‘n wagtende ambulans gedra is.

Die kind is aan sy pa oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief