12 spazawinkels tydens inspeksie toegemaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Altesaam 12 spazawinkels is in ‘n operasie deur die Makhanda-polisie en Makana- en Ndlambe-munisipaliteite toegemaak. Vervalde kosprodukte is vernietig en boetes is uitgereik.

Kapt. Marius McCarthy sê inspeksie is by 20 spazawinkels uitgevoer, waarna boetes van R12 000 vir die winkels wat nie volgens wetgewing aan regulasies voldoen nie, uitgereik is.

Die inspeksies deur verskeie departemente – die polisie, munisipaliteit, brandweer, verkeer, omgewingsgesondheid, geboue, immigrasie, elektrisiteit, verbruikersbeskerming, ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme – is deur Yandiswa Vara, die burgemeester van Makana, ondersteun.

Die inspeksies spruit uit die aanmeld van ongevalle en sterftes wat ná die eet van produkte wat glo by spazawinkels gekoop is, gevolg het.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief