12 spazawinkels tydens inspeksie toegemaak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Altesaam 12 spazawinkels is in ‘n operasie deur die Makhanda-polisie en Makana- en Ndlambe-munisipaliteite toegemaak. Vervalde kosprodukte is vernietig en boetes is uitgereik.

Kapt. Marius McCarthy sê inspeksie is by 20 spazawinkels uitgevoer, waarna boetes van R12 000 vir die winkels wat nie volgens wetgewing aan regulasies voldoen nie, uitgereik is.

Die inspeksies deur verskeie departemente – die polisie, munisipaliteit, brandweer, verkeer, omgewingsgesondheid, geboue, immigrasie, elektrisiteit, verbruikersbeskerming, ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme – is deur Yandiswa Vara, die burgemeester van Makana, ondersteun.

Die inspeksies spruit uit die aanmeld van ongevalle en sterftes wat ná die eet van produkte wat glo by spazawinkels gekoop is, gevolg het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief