Lees ook: Israel en Hezbollah stem in tot skietstilstand
LIBANON. – Die Israeliese weermag het gisteraand teikens in Libanon aangeval, glo uit weerwraak vir ’n aanval deur Hezbollah op ’n militêre teiken van Israel.
Beide Libanon en Israel blameer mekaar vir die oortreding van die skietstilstandooreenkoms wat verlede week bereik is.
Minstens nege mense is dood in Israel se aanvalle terwyl die Israeliese weermag beklemtoon het dit is toegewyd aan die skietstilstandooreenkoms.
Hezbollah het gesê dit het die militêre teiken aangeval oor Israeliese “oortredings” en dat dit ’n “waarskuwing” was.
Benjamin Netanyahu het gesê die aanval deur Hezbollah is “’n ernstige oortreding van die skietstilstandooreenkoms” en dat Israel “sal reageer”.
Bronne: DW – South Africa, BBC, Financial Times





