Kleuters dood in brand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Twee kleuters, onderskeidelik twee en vier jaar oud, het Sondagaand in die Villa Nora-polisiëringsarea onherkenbaar verbrand. Vier ander kinders kon aan die brand ontsnap.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie is omstreeks 20:30 na die toneel in Vianeen-woonbuurt ontbied, waar hulle gemeenskapslede aangetref het. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat ‘n kers aan die brand gesteek is toe die ma van ses na ‘n spazawinkel is om maatskaplike toelae te gaan haal.

Die kinders, van wie die oudste 12 jaar is, is by die huis gelos. Met haar terugkoms was haar seskamerhuis in vlamme gehul, met die gemeenskap wat die brand aan die blus was.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief