Israel en Hezbollah stem in tot skietstilstand

Lees ook :

Israel en Hezbollah stem in tot skietstilstand
Israel en Hezbollah stem in tot skietstilstand fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier

VSA. – Die Amerikaanse president, Joe Biden, het gister aangekondig Israel en Hezbollah het ’n Amerikaanse voorstel vir ’n skietstilstand aanvaar.

Biden het gesê die ooreenkoms is “ontwerp om ’n permanente skietstilstand te wees”.

Die skietstilstand “sal omstandighede skep om kalmte te herstel en inwoners van beide lande toelaat om veilig terug te keer na hulle wonings aan beide kante van die Bloulyn (grens)”.

Die ooreenkoms vereis ’n 60 dae skietstilstand waarin Hezbollah-vegters 40 kilometer van die Israel-Libanon grens sal onttrek en die Israeliese weermag van Libannese grondgebied sal padgee.

Libanon sal in terme van die ooreenkoms Hezbollah se bewegings naby die Litani-rivier monitor om seker te maak hulle “hergroepeer” nie weer daar nie.

Israel het gesê as die ooreenkoms oortree word, sal hulle militêre operasies weer voortgaan.

Bronne; BBC, CNN, Sky News

Lees ook: Israel val Beiroet aan, teiken glo Hezbollah-leier

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief