KWAZULU-NATAL. – ‘n Motoris was op die N2 voor die Sibaya-afrit besig om ‘n motorband te ruil toe nog ‘n voertuig van die pad af geswenk en in sy motor vasgery het.
KZN VIP Protection Services sê ‘n verbygaande motoris het die diens se paramedici van die ongeluk verwittig, waarna onmiddellike mediese bystand verleen is. Op die toneel is vasgestel ‘n Avanza het onklaar geraak en die bestuurder was besig om die band te ruil, toe nog ‘n Avanza die motor getref het. Die bestuurder kon dit vermy om getref te word deur uit die pad te duik.
Vier ander insittendes van die voertuig het beserings opgedoen en is gestabiliseer, voordat hulle vir verdere behandeling na ‘n mediese fasiliteit vervoer is.
Alld nooddienste was op die toneel teenwoordig.





