Tienermeisie se ‘abduksie’ ondersoek, drie in aanhouding

Lees ook :

Veilig gevind

NOORD-KAAP. – ‘n 14-jarige meisie van Postmasburg wat sedert Donderdag 12 Desember vermis is, is veilig gevind. Haar beweerde abduksie* word ondersoek.

Sers. Timothy Sam sê die tienermeisie is in Louis Trichardt in Limpopo gevind en is veilig met haar familie herenig.

“Die polisie het die ondersoek nou tot ’n abduksiesaak verhef. Ondersoeke duur voort.”

Sam sê die polisie bedank die media en gemeenskap wat oor die vermiste meisie berig het, aangesien dit tot inligting en haar opsporing gelei het.

*Abduksie is wanneer ‘n volwassene ‘n minderjarige onregmatig buite die beheer van sy of haar voogde neem, met die doel om iemand in staat te stel om met daardie minderjarige te trou of seksuele omgang te hê.

Ontvoering daarenteen is om ‘n persoon wederregtelik en opsetlik van bewegingsvryheid en die voog van sy beheer te ontneem.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services sê die minderjarige meisie het haar ouerhuis glo op die betrokke Donderdagaand saam met haar kêrel (22) verlaat.

“As gevolg van die landwye soektog en die toenemende druk wat deur die ondersoekspanne toegepas is, is die paar gevind waar hulle in Tshikota, ‘n township-gebied in Louis Trichardt, wegkruip. Mnr. Danie Pita (SSS) en sy span het 3 verdagtes in hierdie geval gearresteer en SAPD-sake sal geopen word. Meer besonderhede sal volg soos dit beskikbaar word.”

Nuusflits het verdere polisiekommentaar gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief