Konsertverhoog brand toe sanger nie opdaag nie

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORDWES. – ‘n Konsertverhoog is vanoggend (Vrydag) omstreeks 05:00 in die Makwassie-stadion in Makwassie aan die brand gesteek toe die hoofsanger nie opgedaag het nie.

Kol. Adéle Myburgh bevestig aan Nuusflits die konsert moes glo Donderdag plaasgevind het en feesgangers van die Annual Fun Games and Music Festival het deur die nag vir die hoofsanger gewag om op te daag. Vanoggend vroeg het die ontevrede feesgangers oproerig geraak, waarna die verhoog en toerusting ter geskatte waarde van R3 m. aan die brand gesteek is.

Daar is nog geen arrestasies gemaak nie, maar ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om kapt. Bereng Hlasa, die stasiebevelvoerder van Makwassie, by 082 575 8377 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief