KWAZULU-NATAL. – Die stiefpa wat ‘n 7-jarige glo kritiek aangerand en daarna na bewering met ‘n 3-jarige weggeraak het, is deur die polisie gearresteer. Nadat die polisie die verdagte ondervra het, is hulle met die verdagte terug na die toneel. Die liggaam van die kleuter is kort daarna gevind.
Die soektog na die kleuter is kortstondig gestaak sodat die polisie die verdagte kon ondervra. Op die foto hier onder kom die polisie met die verdagte op die toneel aan.

Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die soektog is gisteraand gestaak en vanoggend deur IPSS Search and Rescue, IPSS Search and Rescue Tongaat, Umhlali SAPD K9 soek-en-redding, die metropolisie se soek-en-redding, Durban SAAPD K9, MobiClaw911, ER24 Tongaat-polisie en Badul Aviation, hervat.
Meyrick sê die soektog was tydelik gestaak, sodat meer inligting van die verdagte verkry kan word.
Lees ook hier onder soos voorheen berig is:








