Malmesbury-polisiebeampte vir beweerde verkragting gearresteer

Lees ook :

Foto: Google Maps

WES-KAAP. -‘n Sersant verbonde aan Malmesbury-polisiestasie is Vrydag gearresteer nadat ‘n vrou (41) wat na bewering op Kersdag by die polisiestasie verkrag is, ‘n verkragtingsaak geopen het.

Brig. Novela Potelwa sê die saak word deur Opod ondersoek en lt.genl. Thembisile Patekile, die provinsiale kommissaris, het die stasie vir ‘n inligtingsessie besoek. Dissiplinêre stappe is intussen teen die geskorste sersant ingestel.

Patekile sê dit is steurend dat ‘n polisiebeampte ‘n vrou by die speurtakkantoor van die polisiestasie verkrag het. Voorts het die generaal herhaal polisiestasies is verondersel om veilige ruimtes vir die gemeenskap te wees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief