Man sterf na aanval op visvanguitstappie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – John Peter Grobler (41) van Lydenburg is Sondag op ‘n visvanguitstappie by die Tubatsedam in Steelpoort aangeval, waarna hy gesterf het.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê Grobler was saam met sy skoonpa en sy twee seuns, onderskeidelik 9 en 13 jaar oud, op ‘n visvanguitstappie. Die oorledene het om sowat 18:30 op ‘n kampstoel gesit toe ses verdagtes die visvanggroep glo met assegaaie en gholfstokke aangeval het. Grobler is aangerand en met ‘n skerp voorwerp gesteek. Hy kon daarin slaag om sy bakkie te bereik om sy vuurwapen in die hande te kry. Hy het een skoot geskiet, waarna die verdagtes gevlug het. Grobler het daarna die bakkie bestuur tot hy nie meer kon nie, waarna sy skoonpa oorgeneem en tot by die Lanex-woonbuurt gery het.

Met aankoms van die polisie is Grobler in die sitplek van sy bakkie dood verklaar.

Die polisie het op die misdaadtoneel by die dam op ‘n leë patroondoppie, ‘n gholfstok en ‘n assegaai beslag gelê. Enigiemand met relevante inligting om die verdagtes te arresteer, kan speursers. Mothle Mahlatse by 082 505 7838 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief