MPUMALANGA. – Sosialemediaplasings van 23 liggame wat uit Barberton-lykshuis gesteel is en in minibusse gelaai is, is nie waar nie.
Mpumalanga se gesondheidsdepartement het op sosiale media reageer en gesê: “WARNING: FAKE NEWS BELOW.”
Onder die plasing is verskeie skermskote geplaas van bladsye wat die sogenaamde vals nuus versprei. Uit die aard van die saak is die plasings van die bladsye reeds ‘n aantal kere gedeel.
Brig. Donald Mhluli sê die gerugte is onwaar: “Gerugte van 23 lyke wat by ‘n lykshuis in Barberton gesteel is, doen die rondte. Die Kantoor van die Provinsiale Kommissaris van die SAPD in Mpumalanga wil dit kategories stel dat hierdie eise vals is. Daar is geen rapportering of voorvalle van lyke wat uit enige lykshuis in Barberton of enige ander plek in die provinsie gesteel is nie. Die gerugte is gefabriseer.”






