Lees ook: Justin Baldoni wil Blake Lively dagvaar oor bewerings
VSA. – Angelina Jolie en Brad Pitt het na agt jaar ‘n egskeidingsooreenkoms bereik. Die paar het in 2014 getrou na hulle in 2005 ontmoet het en het ses kinders saam.
Jolie het in 2016 aansoek gedoen vir ‘n egskeiding oor “onversoenbare verskille”. Die paar was toe vir jare in ‘n stryd om toesig oor hulle kinders, maar in 2021 het ‘n regter toesig aan albei van hulle gegee.
Jolie se prokureur het bevestig die paar het nou ‘n ooreenkoms oor die egskeiding bereik.
Bronne: BBC, DW – South Africa, ABC News
Lees ook: Justin Baldoni wil Blake Lively dagvaar oor bewerings