Buitelander met ‘gesteelde’ BMW by Beitbrug vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Buitelander (40) met ‘n SA-paspoort is Oujaarsaand omstreeks 20:00 by die Beitbrug-grenspos betrap met ‘n BMW wat meer as R2 m. werd en vermoedelik gesteel is.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die bestuurder wou die grenspos na Zimbabwe oorsteek. Tydens die voorlopige ondersoek is bevind die motor word deur ‘n bank in SA gesoek. Die bestuurder het beweer die eienaar sal op 1 Januarie na SA vlieg. Hy het ook bedrieglike dokumente aan die polisie oorhandig. Hy is gearresteer, waarna op die voertuig beslag gelê is.

Die bestuurder sal Vrydag op aanklagte van bedrog en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig in die Musina-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief