Tiener van kêrel se moord beskuldig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Meisie (16) is gearresteer nadat ‘n man (24) op Nuwejaarsoggend ‘n noodlottige steekwond opgedoen het.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die oorledene het glo sy meisie omstreeks 05:20 saam met ‘n ander manspersoon gesien en haar aangerand. Sy het daarin geslaag om te vlug, maar die kêrel het haar gevolg en die aanranding het voortgeduur. Sy het na bewering ‘n mes uit ‘n sak te voorskyn gebring en hom gesteek. Hy het met ernstige steekwonde probeer huis toe stap. ‘n Vriend hom later in ‘n oop veld in Modimolle aangetref en nooddienste ontbied. Hy is in die veld dood verklaar.

Die meisie sal Vrydag in die Modimolle-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief