LIMPOPO. – ‘n Meisie (16) is gearresteer nadat ‘n man (24) op Nuwejaarsoggend ‘n noodlottige steekwond opgedoen het.
Lt.kol. Stephen Thakeng sê die oorledene het glo sy meisie omstreeks 05:20 saam met ‘n ander manspersoon gesien en haar aangerand. Sy het daarin geslaag om te vlug, maar die kêrel het haar gevolg en die aanranding het voortgeduur. Sy het na bewering ‘n mes uit ‘n sak te voorskyn gebring en hom gesteek. Hy het met ernstige steekwonde probeer huis toe stap. ‘n Vriend hom later in ‘n oop veld in Modimolle aangetref en nooddienste ontbied. Hy is in die veld dood verklaar.
Die meisie sal Vrydag in die Modimolle-landdroshof voorkom.